English
Facebook You Tube
OPENLab 2018

 DIE KUNS VAN SKEP: ONDERSOEKE IN PLEK-SPESIFIEKE PRAKTYKE

 OPENLAB: 2018

Kry aansoeke HIER

OPENLab 2018 is die derde, tweejaarlikse laboratoium vir Suid-Afrikaanse kunstenaars en skeppende praktisyns in hul vroeë of middelloopbaan wat belangstel in die skepping van kuns in die openbare sektor. Dit is ‘n oop en intensiewe residensieverhoog wat daarop gerig is om nuwe strategieë en idees in plek-spesifieke, eksperimentele en interdissiplinêre praktyke te genereer.   OPENLab is deel van die Program vir Innovasie in Kunsteontwikkeling (PIKO), ‘n eksperimentele en gemeenskapsinisiatief van die Vrystaat Kunstefees en die Universiteit van die Vrystaat (UV), mildelik geborg deur die Andrew W. Mellon-stigting.  

OPENLab 2018 vind oor twaalf dae (11 – 22 Julie) by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein plaas en val saam met die Vrystaat Kunstefees. Dit sluit ook in ‘n weeklange ateljee by die Modern Arts Projects (MAP) in Richmond, Noord-Kaap.   Tot 14 kunstenaars dwarsoor Suid-Afrika word genooi om aan die Lab deel te neem. Dit word gelei deur nasionale en internasionale fasiliteerders wat insluit Paul Gazzola (Australië, interdissiplinêre kunstenaar & kurator), Ella Zeigler (Duitsland, interdissiplinêre kunstenaar & kurator) en Sethembile Msezane (Suid-Afrika – beeldende kunstenaar).  

Die geleentheid is oop vir alle skeppende praktisyns wat in die beeldende kunste, vertolking, argitektuur, mode, dans, nuwe media, klankkuns, ontwerp, gemeenskapskuns en ander skeppende rigtings werk.    Deelnemende kunstenaars sal diverse benaderings tot plek-spesifieke praktyke ondersoek en nuwe kennis kry oor hoe om oor dissiplines en kontekste te werk. Aktiwiteite sluit in konsep- en ontwerpontwikkeling, interdissiplinêre vertolkingstrategieë, sosiaal betrokke kunsskepping, die liggaam as plek, gehoorinteraktiwiteit en interkulturele dialoog met beklemtoning van samewerkende prosesse en kritiese denke.   OPENLab is ‘n voedende, ondersteunende en reagerende ruimte vir kunstenaars en fassiliteerders om nuwe idees uit te ruil, deel en ondersoek. Dit is ‘n belegging in toekomstige praktyke, kreatiewe netwerke en professionele ontwikkeling.   

Suksesvolle aansoekers na OPENLab 2018 sal:

•    KunsteLab van 11 tot 22 Julie in Bloemfontein en Richmond bywoon

•    Deelneem aan kunstenaarsgesprekke en -forum

•    Kaartjies ontvang vir aanbiedings op die Vrystaat Kunstefees

•    Reis, verblyf en etes ontvang.  

Aansoeke het reeds geopen en sluit teen middernag, Vrydag 4 Mei

KunsteLab: 11 Julie – 22 Julie 2018 Suksesvolle aansoeke word op 4 Junie 2018 op die webblad bekend gemaak. Vir meer inligting en om die aansoekvorm af te laai, besoek: www.vrystaatartsfestival.co.za   Vir alle programnavrae kontak: OPENLab, Palesa Motsumi, PIKO-koördineerder, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein Foon: +27 51 401 7232 E-pos: MotsumiPS@ufs.ac.za  

 Geskiktheid: Kandidate moet Suid-Afrikaanse burgers wees of permanente woonstatus in Suid-Afrika geniet. Aangesien dit ‘n geleentheid is vir kunstenaars in hul vroeë of middelloopbane moet aansoekers praktiserende kunstenaars of skeppende praktisyns wees. Hoewel jy nie ‘n gereelde inkomste uit jou praktyk verdien nie, moet jy deur jou kollegas as praktiserende kunstenaars en skeppende praktisyns geïdentifiseer en erken word. (Sien FAQ’s op die webblad vir meer besonderhede.)   

Aangebied deur: UV, Vrystaat Kunstefees, PIKO Borge: Andrew Mellon-stigting, Stegmann-galery, Modern Art Projects – Suid-Afrika (MAP), OSCA   

OPENLab 2016, Scott Eric Williams, (Foto Paul Gazzola)

Seniorborge & donateurs
Projekborge