English
Facebook You Tube
Sewefaseprojek

SEWEFASEPROJEK 

 Kom maak kennis met onder andere Anita Venter, Mary­ Mofama, Velile Phantsi, Mokoena Maphalane, Ellen Maphalane en Keith Armstrong, kunstenaars wat verandering bewerkstellig deur die Sewefaseprojek vir die toekoms. Venter en Armstrong lei die ontwikkeling en produksie van ’n reeks gemeenskapsgedrewe mikrofeeste in informele townships in Suid-Afrika. Die feeste sal die inwoners die kans bied om deel te neem aan unieke plaaslike vierings wat hulle self voorgestel en help skep het. Al die geleenthede sal plaasvind op persele waar plaaslike “agente vir verandering” huise gebou het met herwonne materiaal wat hulle op ’n kreatiewe wyse aanwend.

Die kennis wat uit die projek verkry word, sal na kunsorganisasies en internasionale nie-regeringsorganisasies oorgedra word sodat dit tot verdere inisiatiewe kan lei, sê Ricardo Peach, direkteur van die Vrystaat Kunstefees. Dié omvangryke projek het wêreldwye blootstelling gekry toe Rosemary Mangope, die uitvoerende hoof van die Na­sionale Kunsteraad van Suid-Afrika, dit op die Salzburg-wêreldseminaar verduidelik het. Sy het gesê Sewefases na die toekoms is ’n voorbeeld van die werk wat op die gebied van kuns en omgewingsvolhoubaarheid gedoen word. Die Sewefaseprojek is deel van die Program vir innovering in kunstevormontwikkeling (Piko), ’n inisiatief van die Vrystaat Kunstefees en die Universiteit van die Vrystaat. Dit word finansieel ondersteun deur die Andrew W. Mellon­ Foundation in Amerika.

Borge
Projekborge