English
Facebook You Tube
#Sitdiepakkieinnsakkie

#WrapItUp #Condomise #PeaceLoveAndCondomise #PIAD#FreeStateArtAndHealth #WorldAidsDay#WrapItUp

Digters moedig veilige seks aan

Deur Elretha Britz 

Die gesondheidsveldtog #WrapItUp, ’n projek wat Vrystaatse kunstenaars aangepak het om gesonde seksuele praktyke aan te moedig, het op Wêreldvigsdag, 1 Desember, begin.

#WrapItUpis ’n voorbeeld van die nuwe interdissiplinêre ontwikkelings in die kunste waaraan deurlopend gewerk word.In dié geval het vier digters verse geskryf in Afrikaans, Engels, Sotho en Xhosa wat in die gedrukte media, op sosiale platforms en oor die radio gebruik sal word om veilige seks en die gebruik van kondome onder veral die jeug aan te moedig.

Bongani Njalo, die projekkoördineerder, sê die eerste projek wat kunstenaars in samewerking met gesondheidskenners in die Vrystaat voltooi het, was gemik op diabetes en nierprobleme by mans.Tessa Ndlovu se Afrikaanse gedig vir die #WrapItUp-veldtog is Mnr. Kondoom en eindig só:

 Wees eerder kalm en word slim

Vel teen vel is nie altyd warm

My rol is om jou te beskerm

Kom ons beperk die epidemie

Draai my styf toe soos ’n kombersie

Die virus is seerder as ’n vinnige knypie

 

Vrystaat-kuns-en-gesondheid is ’n bilaterale vennootskap tussen die Vrystaat Kunstefees en kuns-en-gestremdes (DADAA) in Australië wat geldelik ondersteun word deur die Australia Council for the Arts en die Andrew W. Mellon-stigting. Dit val onder die Program vir Innovering en Kunstevormontwikkeling.

https://web.facebook.com/Free-State-Arts-Health-1346335368716430/

Borge
Projekborge