English
Facebook You Tube
Seven Stage Futures

Seven Stage Futures bestaan uit ’n reeks van drie gebeure wat deur plaaslike ‘agente-vir-verandering’ geskep is en gesetel is in die informele nedersettings in en rondom Bloemfontein/Mangaung. Elke gebeurtenis speel af in ’n gemeenskapsgegronde “Meraka” (samekomsruimte) waar inwoners kennis, geput uit huidige en vorige generasies, met mekaar kan deel. Toeskouers sal aktief deelneem aan hierdie vierings en ook aangemoedig word om in ’n verskeidenheid kunsvorme en werksessies te leer. Dit sal die veranderinsagente se inspirerende reise tot ‘n nuwer, meer lewensvatbare en volhoubare toekoms weerspieël. Elke gebeurtenis word geïnspireer deur die veranderings agente se bemeestering van ’n vorm van ‘n plaasvervangings-konstruksie vir plakkershutte. Modder, bottels en bande asook verskeie soorte afvalprodukte sal gebruik word om werklik lewensvatbare en bekostigbare behuising te skep. Elke gebeurtenis word verder verhef deur ’n mobiele verhoog-cum-kunswerk wat van terrein na terrein beweeg.

Seven Stage Futures is bedink op uitnodiging deur die plaaslike NRO Qala PhelangTala (Start Living Green!) wat vir meer as ’n dekade werksaam is in hierdie gemeenskappe, en betekenisvolle vertroue en verstandhoudingsbande in die gemeenskap gebou het. Seven Stage Futures is die eerste uitkomste van die groter Re-Future projek. Die projek plaas kontemporêre kunstenaars binne internasionale ontwikkelings-scenarios, om sodoende te bepaal hoe hul kreatiewe vermoëns ten beste kan bydra tot positiewe sosiale en ekologiese ontwikkelingsuitkomstes. Die projek streef daarna om netwerke van ‘re-futuring’ te vestig regdeur die armste informele nedersettings in die Vrystaat en is ’n navorsingsamewerking tussen die UV Sentrum vir Ontwikkelingsondersteuning, Qala Phelang Tala (Start Living Green!), Program vir Innovasie in Kunsvormontwikkeling (PIKO), en ’n span Suid- Afrikaanse ‘veranderingsagente’. Die projek word ondersteun deur die Andrew W. Mellon-stigting, die Vlaamse Stigting en QUT Creative Lab Research Centre. 

Borge
Projekborge