English
Facebook You Tube
Air Cabinet

Air Cabinet is ’n ‘gemeenskapsdiens’ met die doelwit om gesprekvoering oor die waarde van lug te bevorder. Dit behels ’n stalletjie, ’n ‘dokter’ en ’n kas vol glas proefbuise wat verskillende monsters van mense-asem bevat.

Besoekers aan PAP sal genooi word om hul asem te skenk, te verkoop of te ruil in ’n bespreking oor dié installasie. Die ‘dokter’ (Peter Burke) vra vrae oor ’n megafoon en versoek die publiek om aan ’n lewendige, impromptu-gesprek oor die waarde van lug deel te neem. ‘Skenkers’ uit die algemene publiek word genooi om aan ’n intieme ‘toets’ deel te neem. Dit behels die vul van ’n klein proefbuis met ’n enkele asemteug. Hul unieke monster sal permanent verseël, gemerk en gedateer word vir uitstalling in ’n museum-agtige kas. Hulle kan hul asem ’n beskrywende titel gee soos ‘asem van liefde’, ‘uitbundige lug’ of ‘warm lug’. ’n Geskatte 300 monsters sal in die feestyd versamel word wat deel sal wees van ’n durende installasie wat gesprek oor die betekenis van die mens se asem uitlok.

Die projek brei uit op die eksperimentering van Marcel Duchamp se glasbuis wat Air de Paris (50 cc of Paris Air) bevat (1919).

Borge
Projekborge