English
Facebook You Tube
Parkering informasie by UV tydens die fees

VEILIGE parkeerplek is vir die duur van die Vrystaat Kunstefees op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) beskikbaar.

 

Die organiseerders moedig besoekers aan om hul parkeerkaartjies vooraf by Computicket te koop. Alle ingange kan gebruik word, behalwe dié in Fürstenburg-weg.

Verkeer by alle ingange sal met versperrings beheer word.

Bane sal toegeken word aan diegene wat hul kaartjies vooraf gekoop het en spesifieke bane sal gebruik word vir diegene wat verkies om hul kaartjies by die hek te koop.
Toegang per voertuig is R35 per dag en R85 vir die hele week.

Besoekers kan soveel keer in- en uitgaan soos hulle wil.

Die opbrengs word in die kunste teruggeploeg.

Borge
Projekborge