English
Facebook You Tube
Stronk Feeskoerant

 

Agtergrond

Stronk is 'n poniegrootte koerant van 8 - 12 blaaie wat slegs tydens Vrystaat Kunstefees verskyn. Meer as 160 000 mense woon die Vrystaat Kunstefees by. Senior Volksblad-redaksielede is verantwoordelik vir die inhoud van Stronk en werk van 'n redaksiekantoor op die feesterrein wat vir die doel ingerig word.

Waarom adverteer in Stronk?

Stronk is die koerant met al die vars nuus van die Vrystaat Kunstefees wat op 'n feestelike manier aangebied word. Vanweë die duisende mense wat Vryfees besoek, is dit die ideale plek om te adverteer – dit is 'n “captured audience”. Boonop is Stronk se tariewe baie mededingend.

Datums van publikasie

Stronk word daagliks van 11 tot 16 Julie 2016 gepubliseer.

Oplaag en verspreiding

Stronk se oplaag is 3 000 kopieë per dag van publikasie. Dit word gratis op die feesterrein versprei, asook in teaters in Bloemfontein waarin vertonings aangebied word.

Tariefkaart

‘n Tariefkaart vir Stronk is op aanvraag beskikbaar.

Kontakpersoon

Rouxnette McKeating by 051 404 7945 of stuur e-pos aan: rmckeating@volksblad.com

 

Borge
Projekborge