English
Facebook You Tube
Agtergrond

Die Vrystaat Kunstefees is ‘n Afrikaanse taalfees wat kreatiewe kragte tussen Engels en Sotho kulture saamsmee. Ons dra by tot die uitruil van idees rondom kuns, kultuur en die samelewing deur verbintenisse met ander nasionale en internasionale kreatiewe gemeenskappe.

Vanjaar se fees vind plaas vanaf 18 tot 22 Julie op die Bloemfontein -kampus van die Universiteit van die Vrystaat wat vir die volle duur van die fees beskikbaar gemaak word. 

 

Visie

Een Fees. Baie stories

 

Missie

Ons ondersteun die ontwikkeling en aanbieding van uitstekende kuns in die Vrystaat vir almal.

 

Doelstellings

  • Ons bring mense bymekaar
  • Ons ondersteun uitstekende kuns
  • Ons ontwikkel kunstenaars en gehore
  • Ons dryf innovasie
  • Ons speel op die wêreld verhoog

 

Bemarking

Die Vrystaat Kunstefees bied die kreatiewe bemarkingsplatform om professionele mans en vroue van oor die land heen te bereik.

Ongeveer 160 000 besoekers besoek die Vrystaat Kunstefees jaarliks oor die  ses dae dat dit aangebied word.

Die Vrystaat Kunstefees se feesgangers hou van fees vier, sosiaal verkeer en die kunste.

’n Wye verskeidenheid bemarkingsgeleenthede word gebied en spesiale pakkette kan vir spesifieke behoeftes saamgestel word.

Die groot aantal besoekers wat jaarliks die webtuiste van die Vrystaat Kunstefees besoek, maak dit die ideale plek vir jou instansie om blootstelling op die internet te kry. Advertensieruimte word aan goedgekeurde instansies gebied.

 

Adverteer op ons webtuiste

Die groot aantal besoekers wat jaarliks die webtuiste van die Vrystaat Kunstefees besoek, maak dit die ideale plek vir jou instansie om blootstelling op die internet te kry. Advertensieruimte word aan goedgekeurde instansies gebied.

 

Stronk - feeskoerant

Stronk - die amptelike koerant van die Vrystaat Kunstefees - het die eerste keer in 2008 verskyn. Dit verskyn elke dag van die fees (Dinsdag tot Saterdag) en bied aan adverteerders `n uitstekende geleentheid om teen uiters mededingende tariewe te adverteer.

  • Vir meer inligting bel Talitha Renaud by 051 404 7834 of 071 684 8080.
Borge
Projekborge